Meksikostad Internasionale Lughawe

Meksikostad Internas. Lughawe
Aeropuerto Internacional de la Ciudad de México
Meksikostad Lughawe Terminaal 2
IATA: MEXICAO: MMMX
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar Secretariat of Infrastructure, Communications and Transportation
Operateur Grupo Aeroportuario de la Ciudad de México
Bedien Groter Meksikostad
Ligging Venustiano Carranza, Meksikostad
Geopen 15 Mei 1931 (1931-05-15)
Spil vir Passasiers
Aeroméxico
Aeroméxico Connect
Vrag
AeroUnion, Mas Air
Hoogte bo seevlak 7 316 vt / 2 230 m
Koördinate 19°26′10″N 099°04′19″W / 19.43611°N 99.07194°W / 19.43611; -99.07194
Webtuiste aicm.com.mx
Landkaart
MEX is in Meksiko
MEX
MEX
Ligging in Meksiko
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
05R/23L 3 900 Teer
05L/23R 3 952 Teer
Statistieke (2022)
Passasiers 46 200 529
Vrag (ton) 567 779 (2021)
Bron: DAFIF[1]
Statistiek: Meksikostad Lughawe webblad[2]

Meksikostad Internasionale Lughawe; amptelik Aeropuerto Internacional Benito Juárez (Benito Juárez Internasionale Lughawe) (IATA: MEX, ICAO: MMMX) is die belangrikste internasionale lughawe wat Groter Meksikostad bedien, saam met Toluca Internasionale Lughawe en sedert 2022 Felipe Ángeles Internasionale Lughawe ("AIFA").[3] Dit is Meksiko en Latyns-Amerika se besigste lughawe volgens passasiersverkeer en vliegtuigbewegings,[4] en die 16de besigste in die wêreld. Die lughawe verskaf 35 000 direkte werksgeleenthede en ongeveer 15 000 indirek in die onmiddellike omgewing.[5] Die lughawe word besit deur Grupo Aeroportuario de la Ciudad de México en word bestuur deur Aeropuertos y Servicios Auxiliares, 'n korporasie wat deur die regering besit word, en wat ook 22 ander lughawens regdeur Meksiko bedryf.[6]

Hierdie lughawe word bedien deur 30 plaaslike en internasionale passasierslugrederye en 17 vragvervoerders. As die hoofspilpunt vir Meksiko se grootste lugredery Aeroméxico, het die lughawe 'n SkyTeam-spilpunt geword. Dit is ook 'n spilpunt vir Volaris en 'n fokusstad vir VivaAerobús. Op 'n tipiese dag beweeg meer as 136 000 passasiers deur die lughawe met meer as 100 bestemmings op vier kontinente. In 2020 het die lughawe 21 981 711 passasiers hanteer, en 36 056 614 in 2021.

  1. "Airport information for MMMX". World Aero Data. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2019.{{cite web}}: CS1 maint: unfit URL (link)
  2. "Statistics Mexico City airport" (PDF). Mexico City International Airport. Januarie 2022. Besoek op 15 Januarie 2022.
  3. Cantera, Sara (11 Junie 2020). "IATA respalda cancelación de la Terminal 3 y suspensión de adquisición del Aeropuerto de Toluca". El Universal (México).
  4. Tomás Serebrisky. "Airport Economics in Latin America and the Caribbean". The World Bank. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Januarie 2022. Besoek op 30 Januarie 2022.
  5. "Benito Juárez International airport - Economic and social impacts". Ecquants. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Oktober 2014. Besoek op 7 September 2013.
  6. "ASA's airport network (In Spanish)". ASA. Julie 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Julie 2014. Besoek op 28 Julie 2014.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search